Joshua Acker, ‘n graad 9-leerder van Paul Roos Gimnasium, is aangewys as die beste junior seuns veldatleet tydens die Prestige Atletiekbyeenkoms wat op 12 Februarie op die Dal Josafat Stadium in die Paarl aangebied is. Tydens die byeenkoms ding Paul Roos Gimnasium saam met Bloemhof mee as Bloemroos teen die spanne van Paarl Gimnasium asook die gekombineerde span van die Hoër Jongenskool en die Hoër Meisieskool van die Paarl. Joshua het eerste plekke behaal in beide die gewigstoot (afstand van 17.05m) en skyfwerp (afstand van 51.77m) vir seuns o/15.