Heart Health

Oranje atleet breek rekords – Hoër Meisieskool Oranje

Oranje atleet breek rekords – Hoër Meisieskool Oranje se atleet Danyelle Pienaar, breek rekords en steel die kollig in die Paarl. Sy het onlangs ’n indrukwekkende vertoning gelewer by die gesogte Noord teen Suid-byeenkoms in die Paarl. Top skole van regoor die land het daar kragte gemeet. Die ster van die dag? Danyelle Pienaar, is as die beste senior baanatleet aangewys, ná twee goue medaljes én twee splinternuwe byeenkomsrekords.

Pienaar het die 400 m in ’n blitsige 56.51 sekondes voltooi en die 400 m-hekkies in 60.97 sekondes. Dit is albei prestasies wat die rekordboeke herskryf het.

Oranje se atlete wat goud behaal het is:

  • Karla Kock – Gewigstoot (14.48 m) – byeenkomsrekord
  • Danyelle Pienaar – 400 m (56.51 s) – byeenkomsrekord
  • Danyelle Pienaar – 400 m-hekkies (60.97 s) – byeenkomsrekord

Atlete wat silwer behaal het is:

  • Anaya Willemse – Driesprong
  • Mienke Botha – 300 m-hekkies
  • Mienke Botha – 400 m
  • o.19 Sweedse aflos – Carmond Ziegler, Danyelle Pienaar, Mienke Botha, Carli Üys

Brons wat atlete behaal het:

  • Chani Britz – 800 m
  • Adrie van Tonder – Spiesgooi
  • Rouvé Janse van Rensburg – 800 m
  • Karla Kock – Diskus
  • Annari Blignaut – 1 500 m
  • Carli Üys – 100 m-hekkies
  • Marlene van Jaarsveld – Driesprong

Oranje het algeheel vierde geëindig onder die meisiespanne – ’n prestasie wat getuig van die span se diepte en talent.

Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://oranjemeisies.co.za/

Foto voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Eintlik kàn godsdiens ‘n mens baie ryk maak. 1Timoteus 6: 6-8 Thought of the Week – But godliness actually is a source of great gain…

Liga-swemgala – Hoërskool Swartland staan uit

Liga-swemgala. Swartland blink uit in Stellenbosch. Hoërskool Swartland, Malmesbury, se swemspan het op 30 Oktober aan die eerste Liga-swemgala van die 2025/26-seisoen deelgeneem. Die gala is by Rhenish Girls High…

Leave a Reply

You Missed

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Liga-swemgala – Hoërskool Swartland staan uit

Liga-swemgala – Hoërskool Swartland staan uit

Jim Fouché Prestige atletiekbyeenkoms – Grey College Primêr

Jim Fouché Prestige atletiekbyeenkoms – Grey College Primêr

Eastern Province Cricket teams – Pearson High School outstanding

Eastern Province Cricket teams – Pearson High School outstanding

South African Math Olympiad – Grey College outstanding

South African Math Olympiad – Grey College outstanding

Finale o.18 WP-tennisproewe – Hoërskool DF Malan staan uit

Finale o.18 WP-tennisproewe – Hoërskool DF Malan staan uit