)

Oranje atleet breek rekords – Hoër Meisieskool Oranje

Oranje atleet breek rekords – Hoër Meisieskool Oranje se atleet Danyelle Pienaar, breek rekords en steel die kollig in die Paarl. Sy het onlangs ’n indrukwekkende vertoning gelewer by die gesogte Noord teen Suid-byeenkoms in die Paarl. Top skole van regoor die land het daar kragte gemeet. Die ster van die dag? Danyelle Pienaar, is as die beste senior baanatleet aangewys, ná twee goue medaljes én twee splinternuwe byeenkomsrekords.

Pienaar het die 400 m in ’n blitsige 56.51 sekondes voltooi en die 400 m-hekkies in 60.97 sekondes. Dit is albei prestasies wat die rekordboeke herskryf het.

Oranje se atlete wat goud behaal het is:

  • Karla Kock – Gewigstoot (14.48 m) – byeenkomsrekord
  • Danyelle Pienaar – 400 m (56.51 s) – byeenkomsrekord
  • Danyelle Pienaar – 400 m-hekkies (60.97 s) – byeenkomsrekord

Atlete wat silwer behaal het is:

  • Anaya Willemse – Driesprong
  • Mienke Botha – 300 m-hekkies
  • Mienke Botha – 400 m
  • o.19 Sweedse aflos – Carmond Ziegler, Danyelle Pienaar, Mienke Botha, Carli Üys

Brons wat atlete behaal het:

  • Chani Britz – 800 m
  • Adrie van Tonder – Spiesgooi
  • Rouvé Janse van Rensburg – 800 m
  • Karla Kock – Diskus
  • Annari Blignaut – 1 500 m
  • Carli Üys – 100 m-hekkies
  • Marlene van Jaarsveld – Driesprong

Oranje het algeheel vierde geëindig onder die meisiespanne – ’n prestasie wat getuig van die span se diepte en talent.

Meer Skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://oranjemeisies.co.za/

Foto voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal