Veertien leerders van Oakdale Landbouskool in Riversdal, het vanjaar aan die RATEM-Eisteddfod in drie-en-twintig items deelgeneem en hul kultuurvaardighede op besondere wyse uitgeleef.
Dit was veral in drama, musiek en skryfkuns waar die Oakdalers goed presteer het. In die drama-afdeling is 5 goud+, 4 goue en 1 silwer sertifikaat ontvang. In die musiekafdeling is 7 goue sertifikate en 1 silwer verwerf. Die skryfkuns het 2 goud+ en 2 brons sertifikate opgelewer en kuns 1 silwer. Die koor het goud behaal.
Op die foto bo: Oakdale Eisteddfod
Agter: v.l.n.r.: Sybrand van Dyk (dialoog: goud+; poetry: goud+; ensemble: goud; blokfluit: goud),
Jacques van der Bank (kuns: silwer), Henk Smit (klavier: goud), Mickél Stemmet (skryfkuns: goud+),
Jan-Hendrik Saayman (solosang met eie begeleiding: goud) en Rudolph van Dyk (poësie: goud; ensemble: goud; klassieke kitaar: goud, klassieke kitaar duet met onderwyser: goud).
Voor: v.l.n.r.: Tiaan Viljoen (poësie: goud+), Morné Fuls (poësie: goud; monoloog: goud+; dialoog: goud+), Anro Vermaak (solosang met eie begeleiding: silwer), Pieter Marais (skryfkuns: goud +) en Jan Heyns (poësie: goud).
Afwesig: Johan Geyser (poësie: goue; skryfkuns: brons), Chris-Ben Smit (poësie: silwer) en Werner Kotze (skryfkuns: brons).