)

Ligbron krieketspanne lewer puik vertonings

Die o/14 krieketspan van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het op Maandag, 3 September teen Hoërskool Standerton se o/14’s te staan gekom. Standerton kolf eerste en teken 92 lopies vir 6 paaltjies in 20 boulbeurte aan. Wynand Moolman was die beste bouler met 3 paaltjies vir 5 lopies in 4 boulbeurte.

Ligbron gaan in om te kolf en teken 93 lopies vir die verlies van geen paaltjies in 6.2 boulbeurte. Wynand Moolman blink uit as beste kolwer met 48 lopies van 24 balle. Ligbron wen met 10 paaltjies.

Die Eerstespan het Woensdag, 5 September tuis teen Hoërskool Piet Retief gespeel. Ligbron kolf eerste en teken145 lopies vir 6 paaltjies in 20 boulbeurte aan. Ruben Herbst is die beste kolwer met 33 lopies van 29 balle. Piet Retief kolf tweede en teken 145 lopies vir 6 paaltjies in 20 boulbeurte aan.

JP Austin is die beste bouler met 3 paaltjies vir 29 lopies in 4 boulbeurte. Ligbron en Piet Retief eindig gelykop met 145 lopies vir 6 paaltjies in 20 boulbeurte.

Op Donderdag, 6 September, het Ligbron se derdespan teen Hoërskool WH De Klerk se eerstespan op WH de Klerk se tuisgronde gespeel. Ligbron kolf eerste en teken 123 lopies vir die verlies van 10 paaltjies in 19.2 boulbeurte aan. WH de Klerk se eerstes kolf en word almal uitgeboul vir 87 lopies in 15.4 beurte. Ligbron wen die wedstryd met 36 lopies.

Op Saterdag, 8 September, het Ligbron se eerstespan teen Uplands Kollege in Nelspruit te staan gekom. Ligbron wen die loot en besluit om eerste die kolf op te neem. Hulle teken 151 lopies vir die verlies van 10 paaltjies in 36 boulbeurt aan.

Charl du Toit is die uitblinker met die kolf met 58 lopies (nie uit nie). Uplands kolf en teken die wenlopies in die 27ste boulbeurt aan met die verlies van 2 paaltjies. Uplands wen die wedstryd met 8 paaltjies.

Foto’s: Mark Niebuhr

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal