Dit was hul spoed, vaardighede en samespel tydens die 7’s-toernooi wat in Paarl aangebied is, wat die o/15-span van die Hoër Landbouskool Oakdale tot oorwinning gelei het.
Die span dring deur tot by die semi-finaal en reken af met die span van Monnas deur hul met 31-5 te wen. In die finaal klop die jong Bulletjies die span van Boishaai oortuigend met 40-19.
Die o/15 A-sewesspan wen die Marius Schoeman-sewestoernooi asook R10 000 vir die skool. Neil le Roux word as die speler van die toernooi aangewys. Hy ontvang ook ? R5 000 geskenkbewys van Puma.
Die span het ook die toernooi in Bredasdorp vroeër gewen.
Op die foto bo: Oakdale 7’s Rugby
Agter: v.l.n.r.: Paul de Villiers, mnr. Lukas Holtzhauzen (afrigter) Morné Els, Matthew Golden, Rosco Seconds, Philip Kleynhans, Enrique Arendse, Simeon Oosthuizen, mnr. James Wilson en sy seun van Amdec Investmetn Trust (borg).
Voor: v.l.n.r.: Armand van der Hoven, Jaco Pienaar, Dewanley van Rensburg, Neil le Roux, Dieter-Steyn van Niekerk en mnr. Jandré Botha (spanbestuurder).