)

HOËR LANDBOUSKOOL OAKDALE O/15’S WEN 7’S-TOERNOOI IN PAARL

Dit was hul spoed, vaardighede en samespel tydens die 7’s-toernooi wat in Paarl aangebied is, wat die o/15-span van die Hoër Landbouskool Oakdale tot oorwinning gelei het.

Die span dring deur tot by die semi-finaal en reken af met die span van Monnas deur hul met 31-5 te wen. In die finaal klop die jong Bulletjies die span van Boishaai oortuigend met 40-19.

Die o/15 A-sewesspan wen die Marius Schoeman-sewestoernooi asook R10 000 vir die skool. Neil le Roux word as die speler van die toernooi aangewys. Hy ontvang ook ? R5 000 geskenkbewys van Puma.

Die span het ook die toernooi in Bredasdorp vroeër gewen.

Op die foto bo:  Oakdale 7’s Rugby

Agter: v.l.n.r.: Paul de Villiers, mnr. Lukas Holtzhauzen (afrigter) Morné Els, Matthew Golden, Rosco Seconds, Philip Kleynhans, Enrique Arendse, Simeon Oosthuizen, mnr. James Wilson en sy seun van Amdec Investmetn Trust (borg).

Voor: v.l.n.r.: Armand van der Hoven, Jaco Pienaar, Dewanley van Rensburg, Neil le Roux, Dieter-Steyn van Niekerk en mnr. Jandré Botha (spanbestuurder).

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal