Tydens die SA Toutrekkampioenskap op 8 en 9 Maart op Oudtshoorn, het die Oakdale-toutrekspanne vyf van die ses goue medaljes gewen. Die 440 kg A-span moes na ? taai stryd tevrede wees met die silwer medalje.
Die B-, C- en D-spanne het verskeie A- en B-spanne van ander deelnemende skole met prag- en kragvertonings geklop. Die Oakdalers het sedert Vrydag die oog gevang met hul fiksheid, vasberadenheid en doelgerigte deelname.
Die hoogtepunt van die kompetisie was die Oakdale-oorwinning in die 560 kg-kompetisie. Hiermee bevestig die Oakdale-span sy aanwysing as die Proteaspan vir deelname aan die wêreldkampioenskap in Ierland gedurende September.
Die uitslae lyk soos volg: 400 kg A-span – Goud; 440 kg A-span – silwer; 480 kg A-span – Goud; 480 kg Plaatspan – Silwer; 520 kg A-span – Goud; 520 kg B-span – Brons; 520 kg Plaatspan – Goud; 600 kg A-span – Goud; 600 kg B-span – Brons; 560 kg A-span – Goud en die 560 kg B-span – Brons.
Foto bo: Oakdale SA’s 600 kg A-span
Oakdale 600 kg A-span wen Goud
Agter: v.l.n.r.: Carien Wolmarans (Timbercity, Oudtshoorn), Mnr. Piet Lourens (afrigter), Pieter Janse van Rensburg, Rayno Grundlingh, Johan Geyser, Donald Hayes en Petro Westraat (Timbercity, Oudtshoorn).
Voor: v.l.n.r.: Anro Vermaak, Reynhardt Botha, Robert-John Montgomery, Charl du Plessis en mnr. Saggie van As (afrigter).