)

OAKDALE-TOUTREK BLINK UIT

Tydens die SA Toutrekkampioenskap op 8 en 9 Maart op Oudtshoorn, het die Oakdale-toutrekspanne vyf van die ses goue medaljes gewen. Die 440 kg A-span moes na ? taai stryd tevrede wees met die silwer medalje.

Die B-, C- en D-spanne het verskeie A- en B-spanne van ander deelnemende skole met prag- en kragvertonings geklop. Die Oakdalers het sedert Vrydag die oog gevang met hul fiksheid, vasberadenheid en doelgerigte deelname.

Die hoogtepunt van die kompetisie was die Oakdale-oorwinning in die 560 kg-kompetisie. Hiermee bevestig die Oakdale-span sy aanwysing as die Proteaspan vir deelname aan die wêreldkampioenskap in Ierland gedurende September.

Die uitslae lyk soos volg: 400 kg A-span – Goud; 440 kg A-span – silwer; 480 kg A-span – Goud; 480 kg Plaatspan – Silwer; 520 kg A-span – Goud; 520 kg B-span – Brons; 520 kg Plaatspan – Goud; 600 kg A-span – Goud; 600 kg B-span – Brons; 560 kg A-span – Goud en die 560 kg B-span – Brons.

Foto bo: Oakdale SA’s 600 kg A-span
Oakdale 600 kg A-span wen Goud

Agter: v.l.n.r.: Carien Wolmarans (Timbercity, Oudtshoorn), Mnr. Piet Lourens (afrigter), Pieter Janse van Rensburg, Rayno Grundlingh, Johan Geyser, Donald Hayes en Petro Westraat (Timbercity, Oudtshoorn).

Voor: v.l.n.r.: Anro Vermaak, Reynhardt Botha, Robert-John Montgomery, Charl du Plessis en mnr. Saggie van As (afrigter).

Oakdale SA’s 400 kg A-span
Oakdale 400 kg A-span wen Goud
Agter: v.l.n.r.: Zack Kroukamp, Sebastian Strydom, mnr. Piet Lourens (afrigter), Gideon Pretorius en Thys Lourens.
Voor: v.l.n.r.: Janco Olivier, Tiaan Kok, Hardus Swart en Albert Steyn.
Oakdale SA’s 480 kg A-span
Oakdale 480 kg A-span wen Goud
Agter: v.l.n.r.: Carien Wolmarans (Timbercity, Oudtshoorn), Leon Uys, Tertius van der Watt, mnr. Piet Louwrens (afrigter), Jacobus Fourie, Chrisjan Oosthuizen en Petro Westraad (Timbercity, Oudtshoorn).
Voor: v.l.n.r.: Nico Bester, Dewald Le Grange, De Wit Botma en Christiaan Theunissen.
Oakdale SA’s 520 kg A-span
Oakdale 520 kg A-span wen Goud
Agter: v.l.n.r.: Nic Meyer, Clarian Thornley, Philip Saayman, Nicholas Joubert, Chippie en mnr. Piet Lourens (afrigter).
Voor: v.l.n.r.: Ruan Kok, Lihan Bergh, Jacobus Fourie en Dewald Le Grange.
Oakdale SA’s 560 kg A-span
Oakdale 560 kg A-span wen Goud
v.l.n.r.: Anro Vermaak, Rayno Grundlingh, Tertius van der Watt, Ben Viljoen, Reynhardt Botha, Charl du Plessis, Pieter Janse van Rensburg en Donald Hayes.
Reserwe: Dewald Le Grange.
Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal