Op Saterdag, 2 Maart, het Luhan Meyer, graad 12-leerder van Hoƫrskool ERmelo, deelgeneem aan die KSA se Suid-Afrikaanse Kampioenskap vir All Styles.
Hier het Luhan deelgeneem in die o/21 84kg + afdeling en behaal ān vierde plek in Suid-Afrika vir Kumite. Hy is ook in die top tien van Suid-Afrika vir Kata.
Luhan neem op Saterdag, 9 Maart, aan die JKA Mpumalanga-karatekampioenskappe deel in die Youth Elite afdeling. Hier behaal hy in beide Kata en Kumite eerste plekke en word gekies om aan die JKA Suid-Arikaanse kampioenskap in Mei deel te neem.
Baie geluk, Luhan. EHS is besonder trots op jou!
Foto bo: Luhan Meyer