Met die dissiplines van swem en hardloop wat gekombineer word, is drie atlete van die Hoër Landbouskool Oakdale van Riversdal, vir onderskeidelik die o.15- en o.17 Eden-tweekampspan gekies. Die atlete sal dié span by die SA-byeenkoms op 29 en 30 Maart in Port Elizabeth verteenwoordig.
Foto: Oakdale Tweekamp
Agter: v.l.n.r.: o.17: De Wit Botma, Deon Horne en Gustav Lubbe.
Voor: v.l.n.r.: o.15: Hanré Jubelius, Roelof le Grange en Markus Viljoen.