Foto: Oakdale Attakwas Extreme ,regs: Nico Bester
Op Saterdag, 18 Januarie 2020, het 5 van Hoër Landbouskool Oakdale se leerders aan die Attakwas Mini bergfietswedren deelgeneem. Hierdie wedren vind plaas in die omgewing van Groot Brakrivier oor ‘n afstand van 52 km en die Outeniquaberge maak seker dat fietsryers nie een vervelige oomblik beleef nie.
Nico Bester het besonder goed gevaar en eindig algeheel tweede. Vanjaar se wedren was baie uitdagend, met ekstreme weersomstandighede wat gesorg het vir groot pret deur water- en modderpoele.
Die uitslae van die Oakdale seuns was as volg:
2de: Nico Bester
25ste: Sebastian Strydom
50ste: Kobus Scheepers
65ste: Jaco de Wet
91ste: Michiel Heroldt