)

Oakdale kolwers byt vas

Oakdale se o.15 A-span.

Agter: v.l.n.r.: Daandré Blignaut, Gert Kotzé, Reinhardt Russouw, Stiaan Venter, Arend Blom, Dylan Morkel en Terbalnche du Plessis.

Middel: v.l.n.r.: Zandré Conradie, Hennie Otto, Francois Labuschagne, Pienie Pienaar en mnr. Pine Marias (afrigter).

Voor: Tian Ferreira.

Die nuwe krieketseisoen is in volle gang. Die Hoër Landbouskool Oakdale se o.19 A- en o.15 A-spanne het Saterdag, 12 Oktober, op tuisbodem hul stem dik gemaak teen die spanne van York High en Bridgton RPC.

Die o.19 A-span klop York High met 10 paaltjies nadat hulle vir slegs 26 lopies uitgeboul is. Taine Till se 7 paaltjies vir net 10 lopies is merkwaardig.

Die o.15 A-krieketspan het in die seniors se voetspore gevolg deur Bridgton RPC van Oudtshoorn met twee paaltjies te troef.

Goeie kolfwerk van Bridgton besorg aan hulle 185 lopies in 49 beurte. Die Oakdale-span verloor aanvanklik vinnig paaltjies waarna Dylan Morkel (65 lopies) en Hennie Otto (32 n.u.n.) die wedstryd in Oakdale se guns swaai.

Taine Till van Oakdale het Saterdag met sy boulwerk uitgeblink

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Skole-rugby – Hoërskool Robertson rugbyseuns presteer

Skole-rugby. Hoërskool Robertson vier trots. Baie geluk aan die Robbies met julle uitmuntende prestasies! Julle harde werk, deursettingsvermoë en toewyding straal deur in elke oomblik op die veld, en Hoërskool…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal