Oakdale se o.15 A-span.
Agter: v.l.n.r.: Daandré Blignaut, Gert Kotzé, Reinhardt Russouw, Stiaan Venter, Arend Blom, Dylan Morkel en Terbalnche du Plessis.
Middel: v.l.n.r.: Zandré Conradie, Hennie Otto, Francois Labuschagne, Pienie Pienaar en mnr. Pine Marias (afrigter).
Voor: Tian Ferreira.
Die nuwe krieketseisoen is in volle gang. Die Hoër Landbouskool Oakdale se o.19 A- en o.15 A-spanne het Saterdag, 12 Oktober, op tuisbodem hul stem dik gemaak teen die spanne van York High en Bridgton RPC.
Die o.19 A-span klop York High met 10 paaltjies nadat hulle vir slegs 26 lopies uitgeboul is. Taine Till se 7 paaltjies vir net 10 lopies is merkwaardig.
Die o.15 A-krieketspan het in die seniors se voetspore gevolg deur Bridgton RPC van Oudtshoorn met twee paaltjies te troef.
Goeie kolfwerk van Bridgton besorg aan hulle 185 lopies in 49 beurte. Die Oakdale-span verloor aanvanklik vinnig paaltjies waarna Dylan Morkel (65 lopies) en Hennie Otto (32 n.u.n.) die wedstryd in Oakdale se guns swaai.