Die seuns behaal eersteplekke in hulle onderskeie items.
Agter: v.l.n.r.: Hennie du Plessis (S.16: spiesgooi met ? afstand van 63.09 m), Markus Viljoen (S.15: 1 500 m in ? tyd van 4:27.31), Righardt Stander (S.15: diskus met ? afstand van 54.92 m) en Philip Kleynhans (S.16: diskus met ? afstand van 53.90 m).
Voor: v.l.n.r.: Armand Combrinck (S.15: hamergooi met ? afstand van 43.68 m) en Simeon Oosthuizen (S.16: 400 m hekkies in ? tyd van 56.53).
Twintig atlete van die Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal het Saterdag, 12 Oktober, aan die Kwagga Top 10-byeenkoms op George deelgeneem.
Dit was veral die veldatlete wat baie goed presteer het. Hennie du Plessis het uitgeblink in die S.16 spiesgooi met ? afstand van 63.09 m wat ook sy persoonlike beste is. Die Oakdalers behaal 6 eerste-, 8 tweede- en 4 derdeplekke en wen ook die trofee vir die beste seunspan by die byeenkoms.