Nuwe Onderwysers – Die Afrikaanse Hoër Seunsskool is verheug om vanjaar ’n groep nuwe onderwysers en assistente by hul span te verwelkom. Elke Onnie word ’n inspirerende en suksesvolle Affie-loopbaan toegewens.
Die nuwe Onderwysers is:
- Me. Lericea Bekker – Assistent in Natuurwetenskappe
- Me. Deryn Dednam – Musiek (saxofoon)
- Me. Leonie Labuschagne – Wiskunde
- Me. Alyssa Uys – Musiek (klarinet)
- Mnr. Coenie van Niekerk – Departementshoof: IGO
- Mnr. William Grobler (oud-Affie, 2021) – IGO en LO
- Me. Bianca van der Merwe – Besigheidstudies
- Mnr. Viljoen van Zyl (oud-Affie, 2018) – Assistent in EBW en Rekeningkunde
Ons is veral bly om me. Zydra Hattingh (Geskiedenis), mnr. Derek van der Merwe (Lewenswetenskappe) en me. Carlize Wannenburg (Wiskunde) weer in ons midde te hê. Dié drie het reeds in 2025 as assistente by Affies diens gedoen en keer nou terug as voltydse onderwysers.
Mag hierdie nuwe hoofstuk vir julle en vir die skoolgemeenskap vol sukses en inspirasie wees.
Affies sien uit na die vars energie en kundigheid wat elkeen bring.
Die Afrikaanse Hoër Seunsskool glo dat die nuwe onderwysers ’n groot bydrae tot die Affie-familie gaan maak.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








