ITF CAT Afrika-kampioenskappe. 🎾 Tennisnuus van Hoër Meisieskool Bloemhof.
Hoër Meisieskool Bloemhof, Stellenbosch, vier ’n blink begin tot 2026!
Ná ’n uitmuntende 2025 is Charlotte Bouwer (gr. 10) onlangs vir die SA o.16-span gekies wat verlede week aan die ITF CAT Afrika-kampioenskappe in Botswana deelgeneem het. Charlotte het haar talent ten volle ontplooi: sy dring deur tot die finaal van die o.16-enkelspel en word daar as Afrika-kampioen gekroon!
Maar die tennisvreugde stop nie daar nie:
- Lisa Jonker (o.15)
- Ella Jonker (o.17)
- Marliné Stoop (o.19)
het vroeër in Januarie aan die IPT-tennistoernooi in Pretoria deelgeneem as deel van die Wes-Kaapspan. Al drie is met trots gekies vir die SA Skolespanne wat in die Julievakansie aan internasionale toernooie in Engeland gaan deelneem.
🌟 Veels geluk aan al die Bloemhof-tennisspelers – julle maak jul skool ongelooflik trots!

Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor









