Noord-Kaap Atletiekbyeenkoms. Verlede naweek, op 7 Maart, het die Noord-Kaap Atletiekbyeenkoms in Kimberley plaasgevind. Die beste atlete van regoor die provinsie het mekaar daar uitgedaag in ’n dag vol talent en deursettingsvermoë.
Hoërskool De Aar se Kimberley het met groot vasberadenheid deelgeneem en sy skool met trots verteenwoordig. Hy het ’n bronsmedalje in die 800m verower ná ’n indrukwekkende wedloop teen sterk kompetisie.
Ongelukkig het hy tydens die 400m ’n besering opgedoen en kon hy nie die wedloop voltooi nie. Tog bly sy prestasie in die 800m ’n besondere hoogtepunt en ’n inspirasie vir sy spanmaats.
Hoêrskool De Aar wens Jay-Ess ’n spoedige herstel toe en sien uit na sy terugkeer op die baan.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








