Hoërskool Goudveld, Welkom, stel met groot trots hul eerste seuns-tennisspan bekend. Die vyf talentvolle spelers wat die Gouties gaan verteenwoordig is: Piet le Roux, Zandre Zietsman, Raynard Odendaal, Kellan Kleynhans en Jayden Viljoen.
Hierdie mylpaal is ’n besondere oomblik in die skool se sportgeskiedenis. Die hele Goudveld-gemeenskap sien uit na die seisoen wat voorlê. Die skool wens die span ’n genotvolle en suksesvolle tennisseisoen toe, vol oorwinnings, groei en trots.
“Ons glo dat hierdie span nie net talent toon nie, maar ook die waardes van deursettingsvermoë en sportmanskap beliggaam,” het die skoolhoof gesê.
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf










