Kadet/Junior Afrika Skermkampioenskappe. Hoërskool Linden spog met Callista Wood – ’n ware kampioen!
Hoërskool Linden is trots om bekend te maak dat Callista Wood, ’n 16-jarige leerder en Junior Protea Skermer, Suid-Afrika verteenwoordig het by die Kadet/Junior Afrika-skermkampioenskappe. Dit is aangebied op 17 en 18 Februarie in Dakar, Senegal.
Callista het in die Junior (o.20) en Kadet (o.17) Vroue Sabel-afdelings deelgeneem. Sy het kragte gemeet teen sterk opponente van lande soos Egipte, Algerië, Senegal en Tunisië. Baie van hulle met jare se ervaring en internasionale verteenwoordiging agter die rug.
Callista het slegs ’n jaar gelede met hierdie dissipline begin. Ten spyte daarvan het sy uitmuntend gevaar en 15de in die o.20-afdeling en 13de in die o.17-afdeling geëindig. Dit is ’n merkwaardige prestasie wat haar volle Junior Protea-kleure, amptelik deur SASCOC toegeken, besorg het.
’n Onvergeetlike oomblik was toe die Internasionale Skermfederasie (FIE) se fotograaf haar afgeneem het. Sy het in die saal voorberei het vir haar Fisiese Wetenskappe vraestel. Sy moes ná haar terugkeer by Hoërskool Linden die vraestel aflê. ’n Ware Lindeniet wat akademie en sport met trots balanseer!
Welgedaan, Callista – jou skitterende prestasie maak almal by Hoërskool Linden ongelooflik trots! 🏆


Lees meer uitstaande skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








