Heart Health

Nasionale Skoleskaak – Hoërskool Hugenote staan uit!

Nasionale Skoleskaak – Hoërskool Hugenote, in Springs, se skaakspan het rede om fees te vier!

Twee briljante skaakspelers, Alexis Dankaert en Jaunré du Toit, het uitsonderlike prestasies behaal en gaan op nasionale vlak aan die Skoleskaak kompetisies deelneem. Hulle gaan onderskeidelik hul streke op nasionale vlak verteenwoordig.

  • Alexis Dankaert, Hoërskool Hugenote se superster skaakspeler, is gekies om die Ekurhuleni-streek te verteenwoordig. Sy gaan deelneem aan die nasionale skoleskaak by die Interstreek-kompetisie. Dit vind plaasvind by die Universiteit van Johannesburg (UJ) van 6–7 Desember 2025.

Hierdie prestasie is die vrug van haar toewyding, urelange oefening en passie vir skaak. Alexis sal ook by die nasionale skoleskaak haar Ekurhuleni-kleure ontvang.

Dis ’n trotse erkenning van haar talent en deursettingsvermoë.

  • Jaunré du Toit het ook die skaakwêreld laat regop sit! Hy is gekies om Gauteng se skoleskaakspan op nasionale vlak te verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Skaakkampioenskappe. Dit vind plaas vanaf 15–20 Desember 2025 in Port Elizabeth.

Om by die SA’s uit te kom is ‘n merkwaardige prestasie wat getuienis is van sy talent en strategiese vernuf.

Alexis en Jaunré, julle is beslis legendes! Julle is ware Hugie-ambassadeurs en ’n inspirasie vir elke skaakspeler.

Hugies is uiters trots op julle. Mag elke wedstryd ’n oorwinning wees, en elke skuif ’n meesterstuk!

Hugies wens julle alle sukses toe met elke skuif op die bord!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://hugies.co.za/

Foto’s voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Eintlik kàn godsdiens ‘n mens baie ryk maak. 1Timoteus 6: 6-8 Thought of the Week – But godliness actually is a source of great gain…

Liga-swemgala – Hoërskool Swartland staan uit

Liga-swemgala. Swartland blink uit in Stellenbosch. Hoërskool Swartland, Malmesbury, se swemspan het op 30 Oktober aan die eerste Liga-swemgala van die 2025/26-seisoen deelgeneem. Die gala is by Rhenish Girls High…

Leave a Reply

You Missed

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Liga-swemgala – Hoërskool Swartland staan uit

Liga-swemgala – Hoërskool Swartland staan uit

Jim Fouché Prestige atletiekbyeenkoms – Grey College Primêr

Jim Fouché Prestige atletiekbyeenkoms – Grey College Primêr

Eastern Province Cricket teams – Pearson High School outstanding

Eastern Province Cricket teams – Pearson High School outstanding

South African Math Olympiad – Grey College outstanding

South African Math Olympiad – Grey College outstanding

Finale o.18 WP-tennisproewe – Hoërskool DF Malan staan uit

Finale o.18 WP-tennisproewe – Hoërskool DF Malan staan uit