)

Nasionale Skoleskaak – Hoërskool Hugenote staan uit!

Nasionale Skoleskaak – Hoërskool Hugenote, in Springs, se skaakspan het rede om fees te vier!

Twee briljante skaakspelers, Alexis Dankaert en Jaunré du Toit, het uitsonderlike prestasies behaal en gaan op nasionale vlak aan die Skoleskaak kompetisies deelneem. Hulle gaan onderskeidelik hul streke op nasionale vlak verteenwoordig.

  • Alexis Dankaert, Hoërskool Hugenote se superster skaakspeler, is gekies om die Ekurhuleni-streek te verteenwoordig. Sy gaan deelneem aan die nasionale skoleskaak by die Interstreek-kompetisie. Dit vind plaasvind by die Universiteit van Johannesburg (UJ) van 6–7 Desember 2025.

Hierdie prestasie is die vrug van haar toewyding, urelange oefening en passie vir skaak. Alexis sal ook by die nasionale skoleskaak haar Ekurhuleni-kleure ontvang.

Dis ’n trotse erkenning van haar talent en deursettingsvermoë.

  • Jaunré du Toit het ook die skaakwêreld laat regop sit! Hy is gekies om Gauteng se skoleskaakspan op nasionale vlak te verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Skaakkampioenskappe. Dit vind plaas vanaf 15–20 Desember 2025 in Port Elizabeth.

Om by die SA’s uit te kom is ‘n merkwaardige prestasie wat getuienis is van sy talent en strategiese vernuf.

Alexis en Jaunré, julle is beslis legendes! Julle is ware Hugie-ambassadeurs en ’n inspirasie vir elke skaakspeler.

Hugies is uiters trots op julle. Mag elke wedstryd ’n oorwinning wees, en elke skuif ’n meesterstuk!

Hugies wens julle alle sukses toe met elke skuif op die bord!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://hugies.co.za/

Foto’s voorsien

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal