Nasionale Senior Sertifikaat Nasieners. Dertien onderwysers van Hoërskool Die Wilgers in Pretoria het aanstellings ontvang as Nasionale Senior Sertifikaat Nasieners (NSS) vir 2024.
Verskeie onderwysers is ook reeds Senior nasieners met mnr. Johan van Eeden wat ‘n gesogte Adjunk Nasiener is. Hierdie personeel gaan daagliks kilometers aflê en vir lang ure baie hard konsentreer. “Mag God se insig en wysheid julle dra en onderskraag. Dankie vir julle onbaatsugtige opoffering.”
- Mnr Johan van Eeden: Adjunkhoof Nasiener: Wiskunde
- Me Ronel Pienaar: Senior nasiener: Ontwerpkuns
- Me Petra Klopper: Senior nasiener: Rekeningkunde
- Me Riëtte Hanekom: Senior nasiener: Inligtingstegnologie (IT)
- Mnr Johan Brits: Senior nasiener: Toerisme
- Me Candice Nel: Senior nasiener: Engels Eerste Addisionele Taal
- Mnr Antonie Muller: Tegniese Wetenskap
- Me Hannelie Louw: Wiskunde
- Me Mariëtte Keyter: Afrikaans Eerste Addisionele Taal
- Mnr Henco van Vuuren: Lewenswetenskappe
- Mnr Kobus Coetzee: Wiskundige geletterdheid
- Me Lindi Erasmus, Besigheidstudies
- Me Marelie Jordaan: Fisiese Wetenskappe

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








