Jaarlikse Atletiekbyeenkoms – Laerskool Stulting, Humansdorp se atlete het vanjaar weer deelgeneem aan Hoërskool Paul Sauer se jaarlikse atletiekbyeenkoms.
Laerskool Stulting se atlete vaar besonder goed en verower ses goue, agt silwer en 6 brons medaljes. Simoné van der Walt word aangewys as beste o/11 dogter in die velditems. Jaymar Swarts word aangewys as beste o/9 seun in die baanitems.
Elke atleet het sy beste gegee en goeie sportmanskap het die dag geseëvier.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








