Nasionale Hoërskole-atletiekkampioenskappe. Annelize van der Merwe, leerder van Hoër Meisieskool Oranje, is die naasbeste o.15-hoogspringer in Suid-Afrika. Dít is nadat sy Dinsdag, 4 April, by die Nasionale Hoërskole-atletiekkampioenskappe in Germiston ‘n tweede plek behaal het. Daarmee het sy haar silwer medalje ontvang. Dit was met ‘n sprong van 1.65m wat sy behaal het.
Dit is ook ‘n goeie verbetering op haar nasionale 5de posisie van verlede jaar.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf