Nasionale Hoërskole-atletiekkampioenskappe. Twee atlete van Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein, Liané Gerber en Danell Oelofse, het tydens die Nasionale Hoërskole-atletiekkampioenskappe in Germiston silwer medaljes behaal.
Liané Gerber het ‘n silwer medalje in hamergooi ontvang asook ‘n persoonlile beste vir die seisoen van 45.62m. Danell Oelofse het ook ‘n silwer medalje ontvang in 1500m hindernis. Haar tyd was 05:23.97 en dit boonop op haar verjaarsdag!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf