Nasionale Hoërskole Atletiekkampioenskappe. Roline Louw is ‘n leerder van Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein. Sy het Dinsdagoggend, binne die bestek van twee uur, twee medaljes op die Nasionale Hoërskole Atletiekkampioenskappe in Germiston verower.
Sy het ‘n silwer medalje in die 100m-hekkies vir o.19’s (14.67) gewen en ‘n rukkie later brons in die verspring (5.41 m). Hierdie prestasies volg op haar goue medalje Saterdag in die nasionale sewekamp (100 m-hekkies, hoogspring, gewigstoot, 200 m, verspring, spiesgooi en 800 m) vir o.20’s.
National High Schools Athletic Championships. Roline Louw, learner of Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein, won two medals at the National High Schools Athletics Championships in Germiston in the space of two hours on Tuesday morning.
She won a silver medal in the 100m hurdles for under-19s (14.67) and a short time later bronze in the long jump (5.41m). These achievements also follow her gold medal on Saturday in the national heptathlon (100m hurdles, high jump, shot put, 200m, long jump, javelin and 800m) for under-20s.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf