Swem Streekskampioenskappe. Gimmies is baie trots op die swemmers wat aan die swem streekskampioenskappe deelgeneem en puik presteer het. Die een na die ander medalje is ingepalm.
Die uitslae is as volg:
- Schalk de Vos – silwermedalje in 100 m rugslag
- Xandri Palmer – goue medalje in 100 m vryslag en bronsmedalje in 400 m vryslag
- Wilbert Vorster – 4de plek in 200 IM, 6de plek in 50 m vryslag, 10de plek in 100 m vryslag en 7de plek in 200 m vryslag
- Francois Rousseau – bronsmedalje in 50 m vryslag, 4de in 200 m borsslag, 5de plek in 200 m vryslag, 6de plek in 50 m borsslag, 6de plek in 100 m vryslag, 6de plek in 50 m vlinderslag en 6de plek in 100 m borsslag
- Madelé Harding – goue medalje in 100 m vryslag, silwermedalje in 200 m vryslag
- Mathilda Liebenberg – goue medalje in 200 m vryslag
- René Kotze – goue medalje in 400 m vryslag, goue medalje in 200 m vryslag en goue medalje in 100 m vryslag
- Dawid Rossouw – 9de plek in 50 m borsslag, 7de plek in 100 m kruipslag, 10de plek in 100 m borsslag, 7de plek in 200 m borsslag en 2de reserwe in 200- en 50 m kruipslag.
Meer skolesport: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf