)

Matriekklas maak geskiedenis – Hoërskool De Aar

Matriekklas maak geskiedenis. Hoërskool De Aar se matriekklas van 2024 het sy slagspreuk gestand gedoen: Ons mik hoër! Hierdie Eeufees jaar, se matriekgroep het hoog gemik en hoog gevlieg, soos dit arende betaam:

  • 4 A-gemiddelde
  • 7 B-gemiddelde
  • 56 vak A’s
  • 68 vak B’s

Leandro De Carvalho

“We are especially proud of Leandro De Carvalho who made history for De Aar High School! He has achieved the number one position for Physical Sciences in the Northern Cape, with a 98% average! This is also the second time De Aar High School has a number one in the province for Physical Sciences – the first being Hendré Du Toit-Fichardt. De Carvalho’s astounding percentage of 98% is a first, though! He truly made history.  This prestigious award was handed over to him in Kimberley, at the Provincial Awards Ceremony. He also obtained the overall fourth position in the province. We are exceptionally proud of his ground-breaking achievement!

His average is 89% and this is undoubtedly a remarkable achievement! Leandro obtained 8 As – A superb and A-MAZING performance! English HL 83%; Afrikaans HT 89%; Wiskunde 89%; Lewensoriëntering 85%; Rekeningkunde 88%; Rekenaartoepassings-tegnologie 88%; Lewenswetenskappe 90%; Fisiese Wetenskappe 98%. Vierde beste prestasie in die Noord-Kaap. Leandro’s top tip is true wisdom; “Spend your time wisely – It’s non-refundable!”

Antoné Menne

Antoné Menne, was ook genooi na hierdie glansryke toekenningsgeleentheid in Kimberley. Sy het die algehele elfde plek in die Noord-Kaap provinsie behaal. HSDA is voorwaar trots op hierdie uitmuntende prestasie! Met haar nougesette, harde werk en deursettingsvermoë het sy ‘n gemiddeld van 88% behaal. Sy behaal 7 A’s – een in elkeen van haar 7 vakke: Engels HT 87%; Afrikaans HT 91%; Wiskunde 84%; Lewensoriëntering 88%; Rekeningkunde 90%; Lewenswetenskappe 89% en Fisiese wetenskappe 85%. Antoné behaal ook die 11de beste prestasie in die Noord-Kaap. Knap gedaan aan hierdie hoofdogter van HSDA! Antoné se wyse wenk is, om net deurgaans jou beste te probeer. Sy beveel aan dat die matrieks gebruik maak van die goedopgeleide onderwysers van Hoërskool De Aar en sy het volle geloof in die klas van 2025.

TC Markgraaff

TC Markgraaff het derde beste gedoen in Hoërskool De Aar, met ‘n gemiddelde A-simbool en 84%. Hierdie hoofseun van die skool het, te midde van ‘n ongelooflike uitdagende jaar, bewys wat kán gedoen word met pure harde werk en tonne deursettingsvermoë. Sy waardevolle wenk aan die matrieks is: “Hou aan deurdruk. Jy het dit!” Verder sê TC dat elke tree wat jy gee, hoe klein ookal, jou nader bring aan jou drome.

Liné Pienaar

Liné Pienaar is in die vierde plek met ‘n A-gemiddeld. Sy het 81% behaal. Liné het nougesette harde werk gelewer ten alle tye. Haar advies is eenvoudig: Harde werk! Sy sê: “Hoe harder jy werk, hoe meer word jy beloon!”

Die skool is ook baie trots op hul leerders wie ‘n B-gemiddeld behaal het. Dit wil gedoen wees! Hulle is: Lleona Festus, Wame Lebuwane, Anika Steyn, Yolisa Gedezana, Christo Kruger, Mila Mbalula en Eugené Moseleni.

HSDA is also extremely proud of each matriculant who utilized the opportunities that the school offered and who performed at their personal best. “It saddens our heart to have learners who were unsuccessful, however this proves that each individual and their parents still have a huge responsibility towards their own success…”

Onderwysers

Benewens die feit dat HSDA toegerus is met ‘n span professionele en hardwerkende onderwysers, is die eindresultate egter nie net geskoei op wat in die matriekjaar gebeur nie. Ons bedank dus ook die laerskole wat ‘n grondslag lê en elke ouer en voog wie ondersteuning en liefde gebied het tydens hierdie leerders se skoolloopbane. HSDA besef ons is ‘n breër gemeenskap en netwerk.

HSDA sal, oudergewoonte, hoog mik in 2025 – op sport, kultuur en akademiese vlakke. Die skool sal aanhou met die ontginning van potensiaal en skep van geleenthede, tot die voordeel van elke individu wie dit wíl aangryp en benut. 

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://www.hsda.co.za/

Foto’s verskaf

Sponsored By

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal