Verskeie skuts van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het vanaf 29 September tot 4 Oktober 2018 aan die SA Skole Skiet Kampioenskappe deelgeneem. Die Ligbron-skuts het goeie plekke behaal.
In die o/16-afdeling het 133 skuts deelgeneem en die Liggies het die volgende plekke beklee: Sumé Snyman 28ste met 1384 punte, Gerhard Botma 39ste met 1364 punte, Hanro van der Spuy 41ste met 1362 punte en Sophia Giliomee 91ste met 1279 punte. Charles Giliomee en Jan Schoonraad het albei in die o/21-afdeling deelgeneem waarby 91 skuts betrokke was. Charles het 11de geëindig met 1422 punte en was ook aangewys as die Mpumalanga spankaptein met Jan wat 37ste geëindig het met 1314 punte.
Op die foto bo:
Charles Giliomee het 11de in die o/21-afdeling tydens die SA Skole Skiet Kampioenskappe geëindig en was ook aangewys as die Mpumalanga spankaptein vir 2018.