)

Liggie Skuts beïndruk

Verskeie skuts van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het vanaf 29 September tot 4 Oktober 2018 aan die SA Skole Skiet Kampioenskappe deelgeneem.  Die Ligbron-skuts het goeie plekke behaal.

In die o/16-afdeling het 133 skuts deelgeneem en die Liggies het die volgende plekke beklee: Sumé Snyman 28ste met 1384 punte, Gerhard Botma 39ste met 1364 punte, Hanro van der Spuy 41ste met 1362 punte en Sophia Giliomee 91ste met 1279 punte.  Charles Giliomee en Jan Schoonraad het albei in die o/21-afdeling deelgeneem waarby 91 skuts betrokke was.  Charles het 11de geëindig met 1422 punte en was ook aangewys as die Mpumalanga spankaptein met Jan wat 37ste geëindig het met 1314 punte.

Op die foto bo:

Charles Giliomee het 11de in die o/21-afdeling tydens die SA Skole Skiet Kampioenskappe geëindig en was ook aangewys as die Mpumalanga spankaptein vir 2018.

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal