Die Graad 10 leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het vanaf Donderdag tot Saterdag, 11 tot 13 Oktober 2018 , hulle jaarlikse kamp by Silwer Water Game Lodge bygewoon. Die leerders het die kamp terdeë geniet en het ‘n baie besige skedule gehad met verskeie aktiwiteite waaraan hulle deelgeneem het.
Die Graad 10 groep bedank graag die onderwysers wat hulle op die kamp vergesel het en die drie dae saam met hulle deurgebring het.