Verskeie leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo het op 13 Oktober 2018 deelgeneem aan die Radikale Fees se Nasionale finaal wat in Pretoria plaasgevind het. Daar het 23 Liggies aan 17 items deelgeneem en Ligbron het behoorlik geskitter met 4 nasionale wenners en een naaswenner. Die derde plekke sal eers later in die week bekend gemaak word. Die volgende Liggies is aangewys as Nasionale Wenners: Marius Ferreira, Ammarah Arbee, Mandisa Motha en een groep wat bestaan uit Lian Fourie, Marezel Kriek, Simone Stapelberg en Wihan Roets.
Foto’s: Die leerders wat as Nasionale wenners aangewys is tydens die Radikale Fees se Nasionale Finaal.