)

Liggie-atlete neem deel aan die Elardus Erasmus Atletiekbyeenkoms

Die Top 10 dogters- en seuns atlete van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het op Vrydag en Saterdag, 12 en 13 Oktober 2018, aan die Elardus Erasmus Atletiekbyeenkoms deelgeneem wat by Hoërskool Hans Strijdom in Naboomspruit plaasgevind het.

‘n Totaal van 54 spanne het aan hierdie byeenkoms deelgeneem en dit was eens dat die atletiek van hoogstaande gehalte was.  Die volgende Liggies het besondere prestasies opgelewer deur onder die eerste drie plekke in hulle item te eindig:  Kwanele Nkambule (o/15) behaal ‘n 2de plek in die 200m en ‘n 2de plek met sy verspring item; Marisca Stander (o/17) behaal ‘n 2de plek in die 400m hekkies en ‘n 3de plek in die 100m hekkies; Bianca Francis behaal ‘n 2de plek in die 400m en Thomas Labuschagne behaal ‘n 3de plek in die 400m hekkies.

Baie geluk aan elke Liggie-atleet wat deelgeneem het en dankie vir julle opofferings.  Die Liggies maak ook van die geleentheid gebruik om Pan Solutions en TWK te bedank vir die borgskap vir die Top 10 se pragtige atletiek drag en sweetpakke.

Op die foto bo:

Die Top 10 dogters- en seuns atlete van Ligbron Akademie vir Tegnologie tydens die oorhandiging van hulle sweetpakke.  Hier is die atlete saam met Hein Sassenberg en Jacques van Zyl van Pan Solutions (links) en Erich Beneke en Nikki Broodryk van Ligbron (regs).

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal