)

Lekker Luister ‘n moet vir alle kinders

Lekker Luister is ’n oudio platform met stories vir kinders. Kinders van alle ouderdomme hou van stories en Lekker Luister is die perfekte storieverteller. Op die webwerf is daar verskeie soorte stories gelaai. Daar is avontuur- en fantasiestories, Bybelstories en vervolgverhale soos Trix & Patat en Boelie & Loelie.

Al die stories is ten alle tye beskikbaar, en elke Vrydag word daar ‘n nuwe storie vrygestel. Om toegang te kry tot die stories kan jy of maandeliks of jaarliks aansluit. Daar is selfs die opsie om ‘n geskenkbewys te koop vir iemand anders.

Ons het om verskeie redes die platform geskep.

Stories – veral oudiostories help met verbeelding. Om na ‘n storie te luister skep jy jou eie prentjies. Jou bos, kasteel, prinses, heks, seuntjie of dogtetjie mag lyk so jy wil hê hulle moet lyk. In ‘n tyd waar daar vir ons kinders besluit word hoe iets moet lyk, is verbeelding ‘n skatkis wat wag om oop gemaak te word.

Ons onderskat soms die voordele van luister. Dit verbeter jou taalgebruik en stimuleer woordeskat. Dit maak jou ok luisterfiks. Ouers en onderwysers kla gereeld dat kinders verleer het om te luister. Dit kan verbeter word deur te oefen om te luister.

Daar is so baie kinders wat graag stories WIL lees, maar nie KAN lees nie. Lekker Luister gee hulle die kans om ook die wonderwêreld van stories te ontdek.

Lekker Luister is ook begin om werk te skep. Skrywers kry die geleenheid om hulle stories tedeel en stemkunstenaars kan op hulle beurt weer lewe blaas in karakters.

Dit is baie eenvoudig om in teken.

Gaan na www.lekkerluister.co.za

  • Kliek op INTEKEN
  • As jy vir die eerste keer op die webwerf is, moet jy eers REGISTREER. Vul jou naam, van en e-pos adres in. Skep dan ‘n wagwoord.
  • Na jy registreer het kan jy INTEKEN met jou e-pos adres en wagwoord.
  • Kies die maandelikse of jaarlikse inteken opsie en betaal.
  • Daarna het jy toegang tot al die stories.

VOLG ONS GERUS OP FACEBOOK EN INSTRAGRAM ONDER

LEKKER LUISTER

Become a Sponsor
  • Related Posts

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

    Leave a Reply

    You Missed

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Gedagte vir die Week – Thought of the Week

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

    Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal