
Lejweleputswa Landloop Streekspan. Baie geluk aan Goudveld se ster-atlete!
Goudveld-Hoërskool is trots om aan te kondig dat vier van sy talentvolle leerders gekies is vir die Lejweleputswa Landloop Streekspan:
- o.14: Bernice van der Walt
- o.15: Nia-Marie Joubert
- o.16: Bongi Malunga
- o.17: Cara Claassen
Hierdie vier uitblinkers sal op 28 Junie 2025 Goudveld verteenwoordig by die Interstreek Landloopkampioenskappe wat in Parys plaasvind.
“Die hele Goutie-gemeenskap is ongelooflik trots op julle – sterkte met die kampioenskappe, en dra ons vaandel hoog!”
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor