Landbou snoeikursus. Augsburg Landbougimnasium, Clanwilliam, se graad 10- leerders het puik presteer by die Felco/Vinpro- landbou snoeikursus.
Hierdie kursus het vanjaar gespog met talle kundiges wat as beoordelaars opgetree het. Johannes Mellet van Klawer Wynkelders, Gert Engelbrecht van Vinpro, Johan Weideman van Namaqua Wines, Dirk de Bruyn van Cederberg Wynkelders en Frans Laubscher van Felco was die beoordelaars.
Baie geluk aan Marius Smith wat Goud behaal het, Eduard van Zyl, Silwer en Andruan Klaase het Brons ontvang. Hulle kwalifiseer vir die interskole snoeikompetisie in September teen Boland Landbouskool.
Augsburg bedank Felco vir hulle borgskap en pryse vir die leerders. Dit is ook vir Augsburg ‘n voorreg om internasionale landboukundige maatskappye soos Felco by die skool betrokke te hê.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf