Mpumalanga Skolegholfliga. Hoërskool Ermelo se C-gholfspan het Maandag, 1 Augustus, aan die Mpumalanga Skolegholfliga-finaal deelgeneem. Die finaal het by Walker Park Gholf Klub, Evander, plaasgevind.
Rynard Herholdt, Leo Luyt, Zané du Plessis en Ziné Jacob het op die dag goeie gholf gespeel. Hulle het die volgende punte tot hul span bygedra:
- Herholdt 35
- Jacob 34
- du Plessis 33
- Luyt 27
Dit gee hul ‘n spantotaal van 102 punte en besorg aan die Erries die derde plek in Mpumalanga.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf