Op 3 Maart het Laerskool Stulting, Laerskool Jeffreysbaai, Victory Christian School en St Francis College in die swembad kragte gemeet. Dit was ‘n lekker dag en die swemmers het dit baie geniet. Dankie aan Sandkasteel in Jeffreysbaai wat die medaljes geborg het.
St Francis College stap weg met die Bayview Boating trofee, Jeffreysbaai eindig tweede, Stulting derde en VCS vierde.