Hoe mooi is dit dat jong dogters van kleintyd af so saam bid vir dinge wat saak maak…
Leerders van Laerskool Stulting het saam in groepe gebid op Wêreldbiddag vir Vroue wat vanjaar sy 90ste bestaansjaar in Suid-Afrika herdenk het.
Die tema vir vanjaar was: “Staan op, neem jou slaapmat en loop.” Tannie Celeste het by ons kom kuier om die tema baie mooi aan die leerders te verduidelik. Jesus genees ons en daarom stuur Hy ons om hierdie wonderlike nuus met die wêreld te gaan deel.