Laerskool Outeniqua in George se seuns tennisspan het aan die Gerrie Berner Nasionale Tennistoernooi in die Paarl deelgeneem. Hulle het ‘n welverdiende sewende plek behaal uit 16 deelnemende skole vanoor die hele land. Die span wil die volgende persone en besighede bedank vir hul nuwe spandrag: Amigos Mens Fashion, Eden Accounting en Heinie de Jager.
Voor v.l.n.r. Michael Mostert, Schalk Meintjes, Wihann Cloete en Martin Mostert.
Agter v.l.n.r. Reynard Visagie, Tiaan Basson en Drikus de Jager