Liggies in Ermelo is baie trots op hul leerders wat uitstekend gevaar het tydens die Nasionale Radikale Redenaarskompetisie wat op 14 Oktober 2017 in Pretoria plaasgevind het.
Ligbron het 31 items vir die kompetisie ingeskryf waarvan 13 items direk deurgedring het na die Nasionale Finaal. Die volgende Liggies het almal onder die top 3 plekke geëindig: Marzé Wentzel 3de, Hannah Peer 3de, Daniel Korff 3de, Clarissa van Zyl 2de, Ismail Joosub 2de en Daniel Korff, Marezel Kriek en Lian Fourie het in groepverband deelgeneem en het ‘n 2de plek behaal.
Die Liggies is ongelooflik trots op hierdie leerders wat op hierdie vlak so uitstekend presteer het.