Twee matrikulante van Hoƫrskool Cradock is die afgelope week beloon vir jare se harde werk. ShanƩ de Waal en Dirkie Cronje het beide hul Springbok-toekenning in Landsdiens verwerf.
Vir ān leerder om in aanmerking te kom vir hierdie toekenning is egter nie ān maklike taak nie. Leerders moet altesaam 100 punte versamel. Dit kan gedoen word deur landsdienskampe by te woon asook inisiatiewe in die gemeenskap te loods waardeur hul bystand en ondersteuning aan behoeftige lede van die publiek bied. Vir elke aktiwiteit ontvang leerders tussen 2-4 punte wat ān aanduiding is van die deursettingsvermoĆ« en toewyding wat nodig is om 100 punte te versamel.
Elke leerder stel dan ān portefeulje saam oor hul take en betrokkenheid in die gemeenskap. Hierdie portefeulje word nagegaan deur SA Landsdiens en indien die leerder genoegsame punte versamel het, word hierdie gesogte prestasie aan hulle toegeken.
Hierdie twee leerders se passie vir die lewe en omgee vir ander is duidelik sigbaar in elke aktiwiteit waaraan hulle deelneem. CHS is besonders trots op hul puik prestasie!
NIL NISI NITENDO