Redenaars van Hoërskool Cradock het die afgelope week deelgeneem aan die ATKV-Redenaarskompetisie in Port Elizabeth. Hier het hulle deelgeneem teen leerders van regoor die provinsie en hoewel die kompetisie groot was het CHS se redenaars puik uitslae gelewer.
Ian Schoeman het deelgeneem in die afdeling vir onvoorbereide toesprake vir Afrikaans Huistaal, terwyl Lutha Majiba en Emihle Bunu beide deelgeneem het in die voorbereide toesprake vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Hierdie drie leerders is gekies om deur te gaan na die tweede rondte van die ATKV-Redenaarskompetisie wat later vanjaar in George plaasvind.
Knap gedaan Kwaggas! Dit is duidelik dat julle nie net heuning op die tong het nie, maar waardige opponente is.
Op die foto bo:
Drie van CHS se redenaars is gekies om deur te gaan na die volgende ronde van die ATKV-Redenaarskompetisie. Lutha Majiba, Ian Schoeman en Emihle Bunu sal Hoërskool Cradock later vanjaar verteenwoordig in George.