Drie leerders van Hoƫrskool Cradock het die afgelope maand deelgeneem aan die United World Karate South Africa se Ope Kampioenskap in Port Elizabeth.
Tydens hierdie kompetisie het Willem Karsten, ShanƩ de Waal en Ian Schoeman goeie uitslae gelewer in die Kumitei en Kata afdelings. Kumitei handel oor vegkuns terwyl Kata die demonstrasie van bewegings behels.
Willem Karsten neem deel in die o.15 tot o.17 wit- tot persbelt kategorie en wen silwer vir beide sy Kumitei en Kata. ShanĆ© de Waal neem in dieselfde afdeling deel en behaal ān brons medalje vir haar Kumitei terwyl Ian Schoeman deelneem in die o.15 tot o.17 rooi tot swartbeld kategorie en met goeie uitslae beloon word.
Beide ShanĆ© en Ian neem saam met oud-skolier Sas Swart deel aan die Span-Kata, eindig algeheel in die tweede plek en ontvang elkeen ān silwer medalje.
Karate is ān sportsoort wat leerders na-ure beoefen, een wat deursettingsvermoĆ« en vasberadenheid verg. HoĆ«rskool Cradock is baie trots op hierdie leerders. Hul prestasies is weereens ān bewys is dat niks sonder moeite moontlik is nie. Knap gedaan Kwaggas!
Op die foto bo:
Twee leerders en een oud-skolier van HoĆ«rskool Cradock neem deel aan die onlangse United World Karate South Africa se Ope Kampioenskap in Port Elizabeth, waar hulle ān silwer vir hul span-Kata ontvang.Ā Hier is Ian Schoeman (voor), Sas Swart (oud-skolier, middel) en ShanĆ© de Waal (agter) in aksie te sien.