)

Hoërskool Cradock hou kuieraande

Mei-maand in Cradock is Knipmesbraai-tyd. Die Kwaggas het vanjaar die vierde Knipmesbraai aangebied op 25 Mei 2018 en soos in die verlede was dit ‘n aand van kuier, genoeg skaapvleis en vriendskapsbande smee.

Naastenby 350 mans vanuit die streek het die aand ondersteun. Elkeen het ‘n pragtige knipmes ontvang, wat ingesluit was in die kaartjieprys, en het die voorreg gehad om 15 heerlike Karoo-skape sommer so op die spit by te dam. Heerlike tuisgebakte brood en ‘n verskeidenheid smere het die ete afgerond.

Fondse wat deur die Knipmesbraai ingesamel word word aangewend om die sportgronde en -fasiliteite by CHS op te gradeer en uit te brei. Danksy goeie ondersteuning in 2017 kon nuwe turf-krieketnette ingerig word vir die seuns. Hierdie geriewe sal gedurende Junie in gebruik geneem word.  Verskeie ander opgraderings word beplan vir 2018.

Terwyl die manne om die vure saamgedrom het kon die dames van die gemeenskap ontspan en ‘n paar Karoo-kelkies geniet by die jaarlikse CHS Damesaand. ‘n Smaaklike ete van tuigemaakte sop en smere is saam met ‘n verskeidenheid kelkies bedien. Die tema vir die 2018 Damesaand was Karoo-kelkies en onder die see van neon kleure kon die dames hul hare behoorlik losmaak en herinneringe vasvang by die komplimentêre fotohoekie. Tesame met die foto’s is prettige lepeltjies en kelkie-resepte ook as geskenkie aan elke vrou gegee. Die Damesaand is bekend as ‘n gesellige aandjie waar vriendinne, kollegas en familie net kan terugsit en verhoudings bou en hoewel daar in vlees minder dames die 2018 Damesaand bygewoon het, was daar in gees geen tekortkominge onder die gaste.

Opregte dank word uitgespreek aan al ons borge en die lede van die gemeenskap wat hierdie kuieraande ondersteun het. Baie dankie aan al ons ouers en boere wat die skape en hout vir die Knipmesbraai geskenk het asook die skenkings wat ontvang is om die Damesaand moontlik te maak. Opregte dank ook aan al die manne wat die skape vir die Knipmesbraai gespit het, julle is absolute spesialiste.

Ons sien met moeë lywe uit na die 2019 funksies.

Op die foto bo:
Altesaam vyftien smullekker Karoo-skape is gespit vir die jaarlikse CHS Knipmesbraai wat op 25 Mei plaasgevind het.  Terwyl die manne hierdie gewilde kuieraand bygewoon het kon die dames van Cradock ‘n verskeidenheid kelkies by CHS se Damesaand uittoets.

 

Become a Sponsor

Related Posts

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon – Hoërskool Randburg

Suid-Afrikaanse Modern Pentathlon. Randjie-ster skitter op die wêreldverhoog! Tydens die afgelope skoolvakansie het , ‘n vasberade leerder van Hoërskool Randburg, nie net haar skool nie, maar ook haar land met…

Laerskool Stulting Baasdag!

Unicorn roomyse, blink strikdasse en sparklers…  So het Stulting Baasdag gevier, want ons base is magical…  Baie dankie aan Mnr. Cornelius Coetzer (skoolhoof) en Mnr. John Fourie (adjunkhoof) vir die…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal