Tydens die jaarlikse kleure-gala op Dinsdag 13 Februarie 2018 het die leerders van HoĆ«rskool Cradock die geleentheid gehad om hul slag in die water te wys en die Kwaggas het dĆe kans met beide hande aangegryp om ‘n verfrissende middag in die water te spander.Ā Besoekende leerders van Cradock Laerskool sowel as HoĆ«r Landbouskool Marlow het ook saam gekuier en geswem en bygedra tot die feestelike atmosfeer wat geheers het langs die swembad.
Theuns van der Nest en Imogen van Rooyen was die twee uitblinkers op die dag en het onderskeidelik die titels van Victor- en Victrix Ludorum verower. Die Rooispan het ook geseƫvier en met 160 punte teenoor 132 met die Blouspan afgereken.
Tussendeur die formele items op die program kon leerders ookĀ deelneem aan ‘n paar informele items, naamlik die 25m stap, binneband-resies sowel as t-hemp aflos. Leerders het hulself behoorlik geniet en tesame met die pragtige tye wat CHS, CLS en die manne van HLM opgestel het is dit duidelik dat ons Karoo-kinders die waarde van watersport ten volle verstaan!

Op die fotoās heel bo en links:
Leerders van CHS en HLM in ligte luim tydens HoĆ«rskool Cradock se jaarliske kleure-gala op 13 Februarie 2018.Ā DĆe span van CHS het die binneband-resies oortuigend gewen deur ān ongelooflike 13 spanlede op hul binneband te laai.
Become a Sponsor










