Agter vlnr: Reynier van Rooyen, ?ine Ferreira, Philip Myburgh, Lloyd Landsberg (Kaptein) en Carmen Venter.
Voor vlnr: Mnr M Swanepoel (Afrigter), Alouise Campher (Kapteine), Ian de Jager, Megan Terblanche, Chloê Landsberg en Mnr Louis Terblanche (BORG)
Afwesig: Tinus Botes
Hoërskool Outeniqua in George, se eerste muurbalspan is trots op hul pragtige drag geborg deur Mnr Louis Terblanche van R&S Communications. Die Kwaggas beleef ‘n uitstekende seisoen en het die gedugte Paarl Gimnasium-span op 19 Julie met 7 – 1 kafgedraf.
Die span bedank Mnr Terblanche opreg vir die borgskap van die afgelope 3 jaar.