Tydens die afgelope skoolvakansie, terwyl baie van ons ontspan en van die ysige weer probeer wegkruip het, het verskeie leerders van Hoƫrskool Cradock landswyd deelgeneem aan verskeie sporttoernooie.
Hoƫrskool Cradock hokkiespeler ingesluit in o/14 OP hokkiespan
Nicola Koegelenberg, ān graad 8-leerder by CHS, is na afloop van verskeie rondes strawwe proewe ingesluit in die o/14 OP-hokkiespan in die posisie van doelwagter.Ā Hierdie span het oor ān tydperk van vyf weke tyd ingeruim om elke Sondag in Port Elizabeth en Grahamstad afsonderlik oefensessies by te woon.Ā Dit het die meisies help voorberei op die IPT-Streekstoernooi wat van 27 Junie tot 1 Julie in Bloemfontein plaasgevind het.
As doelwagter kwyt Nicola haarself puik van haar taak en keer menige doele af.Ā Die OP-span wen die Bolandspan 3-1, SWD 6-1 en speel gelykop teen Noord-Kaap (1-1), Westelike Provinsie en Border (0 elk).Ā In die finaal kom die OP-span weer te staan teen die spelers van Westelike Provinse en verloor ongelukkig 0-1 in die doodsnikke van die wedstryd.Ā In die eerste kragmeting teen WP word die senuwees behoorlik getoets toe Nicola in haar heel eerste penalty shoot-out moes kophou.Ā Sy keer egter suksesvol al die doele af wat in haar rigting gestuur word en wys weereens waarom sy in hierdie span ingesluit is.
Hoƫrskool Cradock tennisspeler in WP o/18 Tennisspan
Anika Marais, graad 11-tennisspeler van CHS, speel die vakansie teen die WP o/18-tennisspan in Grahamstad.Ā Anika is tans die nommer een speler in die OPP o/18-span.Ā Tydens die enkels kragmeting oorrompel Anika haar teenstaander en wen met ān oortuigende 6 punte teenoor 1.Ā In die dubbels wen Anika en haar spanmaat hul opponente 8-5 en reken ook in die gemengde dubbels met die span van WP af om 8-6 te wen.
CHS rugbyspeler gekies vir o/19 OP Plattelandspan
DelarĆ© Schoeman, matrikulant van HoĆ«rskool Cradock, is vroeĆ«r vanjaar gekies vir die o/19OP Plattelandspan wat gedurende die vakansie deelgeneem het aan die VKB Toernooi te Reitz.Ā As opwarmingswedstryd het die OP-manne teen die span van Vrystaat gespeel.Ā ān Kragtige wedstryd met goeie rugby eindig egter in die guns van die Vrystaat, met die eindtelling 24-17.Ā Tydens die VKB Toernooi meet die OP-span kragte met die Vrystaat, Valke-Oos asook Valke-Suid.Ā Ongelukkig blyk die Vrystaatspan weereens te sterk te wees en hulle wen die wedstryd 27-25.Ā Die manne van Valke-Oos speel ān harde wedstryd en beklink ook hul wen met 28 punte teenoor 13. In die finale wedstryd van die toernooi verhang die OP-Plattelandspan die bordjies en speel pragtige rugby om Valke-Suid se span met 59-23 te wen.Ā Die span is vergesel deur afrigters PW van Aswegen en Gernus Maritz.
CHS netbalkaptein neem deel tydens Bokkieweek
Kaptein van CHS se eerste netbalspan, Ilana Steenkamp, het van 2 tot 6 Julie deelgeneem aan die Bokkieweek te Naboomspruit waar sy as deel van die o/19 Griekwaspan teen vyftien ander spanne sake uitgespook het.Ā Die Griekwaspan speel goeie en kompeterende netbal en behaal puik oorwinnings teen Suid-Oos Transvaal en Noord-Vrystaat, wat onderskeidelik eerste en tweede in die toernooi geĆ«indig het.Ā Ilana is ook aangewys as speler van die wedstryd.Ā Die Griekwaspan eindig algeheel sesde in die toernooi en is vergesel deur afrigters Reinet Blom en Sunel Swart.
Hoƫrskool Cradock netbalspelers neem deel aan All Ages Toernooi
Twee netbalspelers van CHS, Lenay Booysen en Houghlynne Swarts, het die vakansie deelgeneem aan die All Ages Nasionale Toernooi wat van 24 tot 28 Junie te Boksburg plaasgevind het.Ā Beide hierdie spelers is vroeĆ«r vanjaar tydens proewe in Oos-Londen gekies om die Oos-Kaap as deel van die o/17- en o/18-spanne onderskeidelik te verteenwoordig.Ā Die o/18-span het goed gevaar en behaal goeie oorwinnings tydens die toernooi.Ā Hulle eindig in algehele vyftiende plek.Ā Die o/17-span het te staan Ā gekomteen sterk opponente, maar wys egter hul slag op die baan en wen drie van hul ses wedstryde oortuigend.
CHS is baie trots op hierdie Kwaggas vir hul deursettingsvermoĆ« en puik prestasies.Ā Jul harde werk en opofferings is beloon met goeie resultate. NIL NISI NITENDO.
Op die fotoās:
Nicola Koegelenberg en DelarĆ© Schoeman in hul onderskeie spandrag.Ā Hierdie leerders het die afgelope skoolvakansie die OP verteenwoordig in o.a hokkie en rugby.
Ilana Steenkamp (AV) in aksie tydens die Bokkieweek waaraan sy deelgeneem het van 2 – 6 Julie.