Die o/16 A- netbalspan van Ligbron Akademie vir Tegnologie in Ermelo, het die afgelope naweek vanaf tot 19 tot 22 Julie 2018, deelgeneem aan die ‘SA Top Schools championships’ te Hoërskool Dr E G Jansen. Drie-en-Twintig top netbalspanne in dié ouderdomsgroep het die toeskouers getrakteer op hoogstaande netbal. Die Liggies het hul man gestaan teen veel groter skole en het 18de in Suid-Afrika geëindig.
Uitslae:
8 – 16 verloor teen Framesby
5 – 15 verloor teen Durbanville
9 – 15  verloor teen Eldoraigne (Gauteng)
13 – 14  verloor teen Ben Vorster (Limpopo)
21 – 7  gewen teen THS (KZN)
14 – 9  gewen teen Diamantveld
11 – 19 verloor teen Wittenberg
Die meisies wil graag van die geleentheid gebruik om die volgende borge te bedank: Mnr. Koos Byleveld van TWK Piet Retief, Die Ligbron Alumni, Mnr. Woes Els en Mnr. Kobus Stander. Julle ondersteuning het dit vir die span moontlik gemaak om die besondere toernooi by te woon.