Krieketheld – Hoërskool Fichardtpark se eerste krieketspan het gister teen Hoërskool Diamantveld gespeel. Fichies het ’n ware krieketfees beleef. Jaden Geldenhuys was die krieketheld van die dag toe hy sy talent ten toon gestel het. Met ’n vonkelende kolfbeurt van 63 lopies uit net 36 balle het hy die veld behoorlik aan die brand geslaan!
Sy selfvertroue en kragspel het die toeskouers op hul voete gehad en die span ’n groot hupstoot gegee. Dit is ’n prestasie vir hierdie kriekethelp wat beslis onthou gaan word.
Jaden het bewys dat hy ’n sleutelrolspeler op eerstespanvlak is
Baie geluk, Jaden – jy maak jou skool trots!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








