SANESA Vrystaat Kwalifiserende Rondte – Primêre Skool Naudeville se ruiters het die afgelope naweek hul talente ten toon gestel. Hulle het deelgeneem aan die eerste SANESA Vrystaat-kwalifiserende rondte. Dit is aangebied by die BRS Equestrian Centre in Riebeeckstad. Met trots kan gesê word dat die leerders uitstekende prestasies behaal het en die skool se naam hoog gehou het.
Die uitslae is as volg:
- Hanno van Jaarsveld (Gr. 7) met Storm
- 1ste – Showjumping Norm Comp 1m
- 1ste – Working Hunter 80cm
- 1ste – Working Riding
- 1ste – Equitation 90cm
- Ava Adendorff (Gr. 6) met Shangar
- 1ste – Working Riding
- 1ste – Dressage A Int.
- 1ste – Dressage Freestyle
- 1ste – Prix Caprilli A
- 1ste – Prix Caprilli B
- 1ste – Equitation 70cm
- 1ste – Showjumping 2 Phase
- 3de – Showjumping Norm Comp 70cm
- Beaule Jordaan (Gr. 5)
- Met Buttercup:
- 1ste – Jumping Norm Comp 70cm
- 3de – Jumping 2 Phase 70cm
- Met Skyline:
- 1ste – Jumping 60cm Normal
- 1ste – Jumping 60cm 2 Phase
- 2de – Equitation 60cm
- Met Buttercup:
- Miah Erasmus (Gr. 3) met Snowball
- 2de – Show Jumping 50cm Normal Comp.
- 2de – Show Jumping 50cm 2 Phase
- 2de – Working Riding
- 2de – Equitation 50cm
- 1ste – Prix Caprilli
Met soveel eerste plekke en sterk vertonings in verskeie klasse, het Naudeville se ruiters gewys dat harde werk, toewyding en liefde vir die sport groot vrugte afwerp.
Naudies is ongelooflik trots op elke ruiter wat die skool verteenwoordig het.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien
Become a Sponsor








