Krieket. Op Woensdag, 1 Februarie, het Hoër Landbouskool Marlow se eerste krieket span teen Queens gespeel. Marlow se Ramme het 70 lopies aangeteken, almal uit. Ongelukkig met die telling op 29/9, het die wedstryd uitgereën. Volgens die Duckworth Lewis stelsel het Marlow die wedstryd met 42 lopies gewen.
Op Vrydag, 3 Februarie 2023, het Marlow se eerste krieket span weer ‘n 20 beurt wedstryd teen Grens Hoërskool gespeel. Hulle het die loot gewen en gekies om eerste te kolf. Alex (Troepie) het 68* aangeteken en MC (Faffa) 58*lopies. Marlow het op 158, sonder verlies van ‘n paaltjie geëindig. Marlow se Mossie het drie paaltjies geneem. Die ander paaltjies is deur Dingo, twee, Tot ook twee en Alex, een geneem. Grens is uitgeboul vir 19 lopies. Marlow het die wedstryd gewen met 139 lopies.
Op Saterdag, 4 Februarie, het die spanne weer in ‘n 50 beurt wedstryd teen mekaar gespeel. Marlow het eerste gekolf en 168 lopies aangeteken, almal uit. Faffa het 48 lopies aangeteken. Grens was almal uitgeboul vir 39 lopies. Marlow het die wedstryd met 129 lopies gewen.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf