Kovsies Aandliga Hokkietoernooi. Grey Kollege Primêr se o.12A en o.12B B asook die o.13A en -B hokkiespanne het die afgelope twee weke aan die Kovsies Aandliga Hokkietoernooi deelgeneem.
Die o.12A span het een wedstryd gelykop gespeel, twee gewen en sou Maandag, 19 Mei, in die eindrondte teen Primêre Skool Willem Postma op die Grey-astro gespeel het. Ongelukkig moes die wedstryd agv reën uitgestel word. Dié wedstryd sal 26 Mei om 18h00 plaasvind by UV.
Die o.12B span het twee wedstryde verloor, een gelykop gespeel en in die Vuzuzela-finaal teen Primêre Skool Willem Postma gespeel. Hulle het die wedstryd gewen deur in die uitskietgevegte te slaag.

Die o.13B span het een wedstryd verloor, twee gewen en in die finaal teen Grey o.13A gespeel. Hulle het die Kovsies-toernooi gewen. Albei spanne het ’n goue medalje en die trofee ontvang.
Die o.13A span het drie wedstryde gewen en in die eindstryd teen die Grey o.13B span gespeel. Hulle het tweede geëindig in die Kovsies-toernooi en het elkeen ‘n silwer medalje ontvang.


Lees meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
https://greycollegeprimary.com/
Foto’s verskaf










