KOVSIE Smash Kriekettoernooi. Hoërskool Jim Fouché se eerste krieketspan het gister, 6 Januarie, die Kovsie Smash kriekettoernooi afgeskop met ‘n oorwinning van 6 paaltjies oor Hoërskool Upington. Niel Wilken het die toernooi se 50-tal aangeteken. Sy 51 nun, het ses grenshoue van 5 viere en 1 ses ingesluit.
Jf se beste kolwers:
- Niel Wilken 51 n.u.n.
- Ruan Kleyn 15 n.u.n.
JF se beste boulers:
- Duan Bastone: 4 paaltjies vir 21 lopies
- Cobus Wilken: 1 paaltjie vir 22 lopies.
Duan Bastone is ook as speler van die wedstryd aangewys.
Upington se Ruann Esterhuizen het ook uitgeblink met die kolf met 49 lopies van 44 aflewerings.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/