)

Junior Boerbokkursus – Augsburg Landbougimnasium grootste kursus

Junior Boerbokkursus. Augsburg Landbougimnasium, Clanwilliam, het vanaf 26 tot 27 Mei ‘n junior boerbokkursus aangebied. Die kursus is aangebied in samewerking met die Wes-Kaapse Boerbokklub.

Hierdie was een van die grootste junior boerbokkursusse, tot dusver bekend, wat deur hierdie twee instansies aangebied is. Die gr.10 Landboubestuurspraktyke-leerders woon dit verpligtend by as deel van hulle praktiese opleiding.

Bokboere van die publiek het ook die kursus bygewoon. Van die boere het van plekke so ver as Beaufort-Wes en Kaapstad af gekom om meer van die boerbok se rasstandaarde en fenotipiese beoordeling te leer. Beoordeling was gedoen op uitstekende boerbok-genetika. Diere van Tekoa Boerbokstoet, Biedouw Boerbokstoet, sowel as Augburg se eie boerbokstoetooie is gebruik as kursusmateriaal.

Mnre Joubert van der Merwe en Andries Volgraaf het die junior-kursus aangebied.Augsburg stel sekere kursusse en inligtingsessies ook oop vir plaaslike boere, om `n diens aan die gemeenskap te lewer en die beste boerdery praktyke en opleiding te bevorder.

Augsburg hou duimvas dat almal die kursus met `n bokspring sal slaag!

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://augsburggim.co.za/

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal